

Erediens begin 09:00 elke Sondagoggend

Almal word hartlik genooi vir koffie/tee na die diens onder die afdak

Kleuterkerk vir voorskool kinders van 2 – 6jaar tydens erediens,
in die kantoorblok

Kinderkerk vir Gr 1 tot 6 en junior kategese tydens die erediens, in die saal.
Geen Kategese tydens skoolvakansies nie

Senior Kategese vir Gr 7 – 11 ná die erediens
Geen Kategese tydens skoolvakansies nie
Vir enige navrae kontak gerus die kerkkantoor by 012 335 0611 | 067 723 5359 | kerkkantoor@ngmootvallei.co.za
Ons Missie
‘n Tuiste waar:
- God verheerlik word
- ons mekaar versorg
- ons vir die gemeenskap omgee en hoop bring.

Afkondigings

Brokkie uit die Bybel

Op pad na Hemelvaart: Lewe in verwagting!
Handelinge 1:9-11: Jesus se hemelvaart
Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en ‘n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”
Die kalender wys vir ons: Hemelvaartdag is op pad.
Op 29 Mei 2025 sal ons weer, soos gelowiges deur die eeue heen, stil word voor die misterie van die verheerlikte Christus wat opvaar na die regterhand van God. Ons herdenk Hemelvaart as gemeente ook daardie Donderdag om 18:30 in die kerkgebou. Intussen… leef ons in die “tussenin” — tussen opstanding en Hemelvaart, tussen vreugde en verwagting.
Hemelvaart is nie net ’n herdenking van iets wat was nie, maar ’n viering van dit wat is en dit wat kom. Dit is die belofte dat Christus, verhoog en heersend, nie net van ons weggegaan het nie, maar nou ook met ons is op ’n nuwe manier — deur sy Gees, in sy Woord, en in ons hoopvolle wagting op die vervulling van sy koninkryk.
Ons wag nie passief nie.
Die dissipels het ook nie ná die opstanding net gaan sit en wag tot Hemelvaart nie. Nee, hulle het mekaar opgesoek, gebid, gepraat, gewonder, voorberei. Hulle harte was vol vrae, maar ook vol hoop. Hulle verwagting het hulle geloof verdiep en hulle gemeenskap versterk.
So is dit ook vandag vir ons.
Hierdie tyd tussen Paasfees en Hemelvaart herinner ons dat ons deel is van ’n groter storie — God se storie van redding.
Jesus het opgevaar, nie om ver te wees nie, maar om oor alles te heers, om ons Voorspraak te wees, en om ons gereed te maak vir die geskenk – die gawe – van die Heilige Gees.
Mag hierdie tyd van wag vir jou en vir ons almal ’n tyd wees van verdieping, van dankbare herinnering, en van nuwe hoop. Want Hy wat opgevaar het, sal weer kom.
En tot dan leef ons in verwagting — met oë na bo, en hande gereed om te dien.
Ds. Dini Smit
Bedienings
012 335 0611 | 067 723 5359 | kerkkantoor@ngmootvallei.co.za